Staatsdepartemente sal by bestedingplafonne moet hou wat salarisse vir staatsamptenare betref vir die volgende drie jaar.
Netwerk 24 berig as die bedrae oorskry word wat vir salarisse begroot is, sal dit neerkom op finansiele wangedrag, het die tesourie gewaarsku.
Die riglyne is uitgereik nadat die staat einde Maart oor ‘n loonverhoging van 7,5% met staatsdiensvakbonde ooreengekom het.
Die begroting was toe alreeds gedoen en het nie voorsiening gemaak vir ekstra loonverhogings nie.
Gegewe die huidige ekonomiese toestande en beperkte staatshulpbronne, is dit kritiek dat staatsdepartemente en ander openbare instellings help om die staat se salarisrekening in toom te hou.
Die tesourie het ook beklemtoon dat die gebruik van konsultante behoorlik bestuur moet word.