Die DA veg dat Thaba-Nchu inwoners nie vergeet word nie en gaan ‘n verslag oor die Thaba ‘Nchu-treinstasie, naby Bloemfontein, saamstel en aan die Pronvinsiale Wetgewer voorlê. Die besluit volg op ‘n onlangse oorsigbesoek aan die stasie na langdurige verwaarlosing.

Volgens Lebohang Mhlamme, ‘n DA raadslid, het inwoners van Thaba ‘Nchu, en naburige gebiede, in die verlede per trein na Bloemfontein gereis. Hierdie vervoermiddel was nie net die goedkoopste nie maar ook toeganklik en betroubaar.

Die DA sal weens die hoë koste van pendel veg vir die herlewing van die stasie. Aangesien dit die finansiele las op inwoners aansienlik sal verlig en hulle in staat stel om hulle lewens te verbeter eerder as om bloot vervoerkostes te dek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×