Thabo Bester, veroordeelde moordenaar en verkragter, het Woensdagoggend saam met sy medebeskuldigdes, in die Bloemfonteinse hoogeregshof verskyn.

Bester se vriendin, dokter Nandipha Magudumana, is beskuldigde nommer een in die opspraakwekkende ontsnappingsaak.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van hulpverlening aan ‘n gevangene om uit aanhouding te ontsnap, en regsverydeling. Bester self, word aangekla van ontsnapping uit die tronk.

Die saak is tot 24 Julie uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×