Die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester, en sy minnares, Dr. Nandipha Magudumana asook die meer as tien ander medebeskuldigdes, verskyn vandag saam in die landdroshof in Bloemfontein. Bester, wat in Mei verlede jaar uit die tronk ontsnap het en Magudumana, is vroeër vanjaar in Tanzanië vasgetrek en na Suid-Afrika gedeporteer. Magudumana is steeds in ‘n ander saak betrokke waar sy in die proses is om ‘n petisie by die appélhof in te dien sodat sy onmiddellik uit die vrouetronk in Kroonstad vrygelaat kan word. Magudumana beweer sy is onwettig uit Tanzanië ontvoer. Die ontsnappingsaak gaan vanoggend voort. Meer oor die gebeure in die hof volg later vandag.