Die prokureur van die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, het vandag in die hof gesê sy kliënt is bekommerd oor die impak wat ‘n Showmax-dokumentêre program op sy komende hofsaak kan hê.

Regter Stuart Wilson het in die hooggeregshof in Johannesburg beslis dat die Showmax-dokumentêr oor Bester en sy lewensmaat, Nandipha Magudumana, uitgesaai mag word. Bester het probeer om die geskeduleerde vrystelling van Tracking Thabo Bester, te keer. Bester se prokureur, Llewellyn Morland, hou vol dat die dokumentêre reeks die regspleging in sy kliënt se komende verhoor kan benadeel.

Showmax en MultiChoice het aangevoer inligting in die dokumentêr is gegrond op feite wat reeds in die openbare domein is. Die dokumentêr sal na verwagting later vanmiddag op Showmax beskikbaar wees. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×