Die veroordeelde moordenaar en sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester, se oënskynlike gesteldheid op sy voorkoms, is die rede waarom daar nou teen sekere werknemers van korrektiewe dienste opgetree gaan word.

Bester het verlede week ewe spoggerig in ‘n wit Louis Vuitton-trui ter waarde van nagenoeg R15 000 by die hof in Bloemfontein gepronk.

Die kommissaris van korrektiewe dienste, Makgoth Samuel Thobakgale, het aan eNCA gesê Bester se keuse van uitrusting kan dit laat lyk asof hy die hof nie respekteer nie.

Die betrokke korrektiewe personeel is glo ook vooraf gewaarsku om toe te sien dat Bester se uitrusting van pas is.

Hulle staar nou dissiplinêre stappe in die gesig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×