Die verhoor van die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, is weer vertraag.

Hy sou Maandag na die hof in Bloemfontein terugkeer, maar sal nou eers op 21 Julie verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die verdediging het die uitstel versoek om twee sake te hanteer.

Die eerste saak is Bester se medebeskuldigde en vriendin, Nandipha Magadumana, se aansoek by die Appèlhof, en die ander een is Bester se aansoek om toegang tot ‘n skootrekenaar te hê.

Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte wat verband hou met sy gewaagde ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×