Dokter Nandipha Magudumana, een van 12 beskuldigdes in die Thabo Bester-ontsnappingsaak, se aansoek om verlof tot appèl word eersdaags aangehoor.

Magudumana wil haar uitlewering en inhegtenisneming onwettig laat verklaar.

Die appèlaansoek volg nadat die Vrystaatse hooggeregshof haar aansoek vroeër van die hand gewys het.

Die hof het toe beslis dat sy ingestem het om van Tanzanië na Suid-Afrika gebring te word.

Die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, is glo deur talle mense van binne en buite die tronk gehelp, om in Mei verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis te ontsnap

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×