Die verhoor van die opspraakwekkende tronk ontsnapping van Thabo Bester en sy agt medebeskuldigdes sal volgende jaar begin.
Netwerk24 berig die verhoor is vir ‘n hele termyn in 2025 deur Regter-President Cagney Musi, op die Bloemfontein Hooggeregshof se rol geplaas.
LEES MEER: Thabo Bester kla by hof oor behandeling in tronk
Rosestad-nuus het Woensdag berig dat Bester se regspan waarskynlik reeds hofstukke ingedien het oor sy kommer oor die regverdigheid van sy verhoor, asook betwyfeling oor jurisdiksie van die hof.