Thabo Bester, veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, het die hof gevra om hom ter dood te veroordeel. Bester het homself gister in die Bloemfonteinse hooggeregshof verteenwoordig, nadat sy jongste regsverteenwoordiger van die saak onttrek het. Bester het gesê is hy diep bedroef dat sy medebeskuldigdes moet ly, terwyl hulle van niks geweet het nie.

Aangesien die doodstraf nie tans in Suid-Afrikaanse wetgewing vervat word nie, het Bester gevra dat ‘n petisie opgestel word vir die publiek om te vra dat hy die doodstraf opgelê moet word. Bester was gister saam met sy vriendin, dokter Nandipha Magudumana, en sewe medebeskuldigdes in die hof op aanklagte wat verband hou met Bester se 2022-ontsnapping uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×