Die boek, The Thabo Bester Story: The Facebook rapist, the Celebrity Doctor and the Escape from Cell 35, is vandag uitgereik en is ook aanlyn beskikbaar. Dit, te midde van dreigemente van ‘n hofinterdik deur Thabo Bester en sy mede-beskuldigde en minnares, dr. Nandipha Magudumana se prokureurs om die boek se verspreiding te keer. Bester en Magudumana het Vrydag vir ‘n digitale kopie gevra om voor Dinsdag aan hulle gestuur te word. News 24 berig volgens die prokureursbrief het Bester en Magudumana nie toestemming vir die boek gegee nie, wat ook die akkuraatheid van die boek bevraagteken. Daar is ook nie onderhoude met hulle gevoer nie. INTUSSEN, het Bester en tien medebeskuldiges vandag in die landdroshof verskyn. Magadumana wat voor die verskyning in die selle flou geword het, se verhoor sal na die selle oorgeplaas word. Klagtes teen drie beskuldigdes is teruggetrek en die saak sal waarskynlik op 31 Januarie 2024 tydens ‘n voorverhoor in die hooggeregshof voortgaan.