Die polisie hou ’n dwelmbewustheids veldtog by Leboneng Spesiale Skool in Thabong, Welkom.
Skoliere het geleer oor dwelms en kinderregte.
Luidens Lejweleputswa Distrikskommunikasie se kennisgewing het die Thabong-Polisie dit saam met verskeie ander organisasies, insluitend die Onderwys Departement aangebied.
Leerders is gewaarsku teen dwelmgebruik en -handel en is bemagtig met kennis oor hul regte soos in die Kinderwet.
Verskillende rolspelers het verduidelik hoe sake hanteer word wanneer kinders slagoffers of oortreders is.
Die doel is om kinders te rehabiliteer en beskerm.
Leerders is aangemoedig om misdaad aan te meld en is oor beskikbare hulpdienste ingelig.
Die program is afgesluit met ’n liedjie en die verspreiding van opvoedkundige pamflette.
