Thailand sal die eerste land in Suidoos-Asië word, waar selfdegeslaghuwelike wettig is. Die wetsontwerp op huweliksgelykheid, is bykans eenparig deur die senaat aanvaar, met slegs 4 uit 134 lede wat daarteen gestem het. Thailand sal slegs die derde land in Asië word om aan L-G-B-T-Q-plus-paartjies, dieselfde wetlike regte en erkenning gee, as vir heteroseksuele paartjies.

Selfdegeslaghuwelike is in 2019 in Taiwan gewettig, terwyl dit in 2023 in Nepal gedekriminaliseer is. Die wetsontwerp moet nou deur die koning bekragtig word, maar hierdie stap word as blote formalteit beskou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×