Thandi Modise se naam word as moontlik volgende adjunk-president genoem

Die moontlikheid blyk groot te wees dat David Mabuza nie tot ‘n tweede termyn as adjunk-president verkies sal word nie.

Volgens Sunday Times, doen gerugte die ronde dat Thandi Modise, voormalige speaker van die parlement, as ‘n potensiële
opvolger vir Mabuza oorweeg word.

Dit mag ‘n rede wees waarom president Cyril Ramaphosa haar tydens die afgelope kabinetskommeling as minister van verdediging en militêre veterane aangestel het.

Prof. Christi van der Westhuizen, politieke ontleder aan die Nelson Mandela-Universiteit, sê dat Modise ook een van die min senior leiers is, wat skoon is in terme van korrupsie.

Luister na potgooie hieronder