Die omgewingsregte-aktivistegroep, The Green Connection, sê hulle is gekant teen die stigting van nog ‘n oliemaatskappy. Die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, het ‘n wetsontwerp gepubliseer wat ‘n nasionale oliemaatskappy vir Suid-Afrika sal stig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Petroleummaatskappy, of SANPC, sal gevorm word deur ‘n samesmelting van die bestaande olie- en gasmaatskappye soos PetroSA, die strategiese brandstof-fonds en die staatsmaatskappy iGas. The Green Connection glo die stap het ten doel om meer fossielbrandstof-energieprojekte te fasiliteer. The Green Connection se Strategiese Leier, Liz McDaid, sê Suid-Afrika hoef nie meer fossielbrandstowwe vir energie te gebruik nie. INTUSSEN berig Netwerk 24 dat die wetsontwerp voorsiening maak vir spesiale heffings om gedurende die eerste vyf jaar die maatskappy te finansier. Dit kan ‘n invloed hê op belastingbetalers. Die staat meen hy kan deur SANPC groter seggenskap kry in die brandstofbedryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×