Inwoners van Theunissen het gister betoog omdat hulle bykans ‘n maand sonder water is. Die dorp het op 13 Desember laas water in sy krane gehad. Netwerk 24 berig van die bewerings wat deur ingeligtes gemaak word is dat die kontrakteur ontevrede was omdat hy nie vir werk betaal is nie. Hy het glo elektriese kabels uit die grond geruk en stukkend gekap, al die chemikaleë in een van die suiweringsdamme gegooi en toerusting in die aanleg stukkend geslaan. Marieta Visser, DA-raadslid in die Masilonyana-munisiapliteit, het gesê sy is ook bewus daarvan dat die wateraanleg weens sabotasie nie werk nie. Die kontrakteur voorsien nou water aan inwoners deur vier watertenks wat die munisipaliteit R800 000 kos. Meeste inwoners weier om van die kontrakteur se water te gebruik omdat daar nooit genoeg is nie. Visser het gesê inwoners sit ure in die son en wag dat watertenks opdaag. Herstelwerk aan die watersuiweringsaanleg het glo Vrydag begin en sal na verwagting twee weke duur.