Willie Jordaan, pa van die sanger Theuns Jordaan, is gistermiddag in Bloemfontein in die ouderdom van 82-jaar oorlede. Sy dogter, Linda het die nuus aan Netwerk 24 bevestig. Jordaan is reeds in Desember in die hospitaal opgeneem vir onder meer ‘n maagtoestand en longontsteking. Hy het ook vroeë tekens van dimensie getoon. Theuns Jordaan is in November 2021 oorlede. Die Theuns Jordaan Tribute-konsert is Saterdag in die DHL-stadion in Kaapstad gehou waar kunstenaars van dié musieklegende hulde aan hom gebring het. Jordaan sr het verlede jaar tydens ‘n FAK geleentheid om sy seun te vereer, gesê die verlange na Theuns is groot.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×