Die ontslape sanger, Theuns Jordaan, se nagedagtenis is die naweek in die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, of die F.A.K., se Afrikaanse Liedjietuin by die Voortrekkermonument in Pretoria vereer.
Theuns se pa, Willie, het Vrydagmiddag ‘n spesiale gedenkplaat vir Theuns by die monument onthul.
Daar is ook Saterdagaand ‘n konsert ter herinnering van Theuns en sy ongelooflike nalatenskap gehou.
Een van Jordaan se gewilde werke gaan ook in die nuwe FAK-Sangbundel opgeneem word.
Jordaan is in November 2021 in die ouderdom van 50, aan kanker oorlede.