Thoko Didiza sê die landelike beveiligingsplan moet versterk word

Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, sê sy is bewus daarvan dat die strategie vir landelike veiligheid versterk moet word.

Plaasmoorde en aanvalle neem weer toe in die land.

In een van die jongste voorvalle is ‘n egpaar die naweek op hul plaas in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Didiza het tydens ‘n gesprek met Newzroom Afrika gesê boere het dringend beskerming nodig.

Luister na potgooie hieronder