‘n Voormalige Openbare Beskermer, Dr Thuli Madonsela, het die land se kiesers gewaarsku om nie vir korrupte politici op 29 Mei te stem nie. Madonsela het gesê indien iemand soos oudpres Zuma weer in die parlement opgeneem word, kan die land totaal ineenstort.

Madonsela het aan eNCA gesê Suid-Afrikaners moenie vergeet dat Zuma die land aan die Guptas uitverkoop het nie. Madonsela het gesê sy is geskok vanuit ‘n morele oogpunt dat Zuma dit reggekry het om op die kandidate lys te wees deur ‘n hofbevel ter syde te stel. Sy het gesê indien Zuma sou terugkeer na die regering, hy die werk wat met die Guptas begin is, sal klaarmaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×