Tien mense, insluitend ’n plaaslike skoolhoof, is in hegtenis geneem ná hulle glo deel was van ’n groep wat Mpho Mokoena aangeval het.

Volgens ’n polisieverklaring het die groep op 16 Mei glo die reg in eie hande geneem ná beskuldigings dat Mokoena kos, wat vir die skool se voedingsprogram bedoel was, sowel as kabels gesteel het.

Hy is na ’n plaaslike skool geneem, geboei en glo in sig van leerders met sambokke aangerand.

’n Leerder het probeer help, maar Mokoena het aan sy beserings beswyk.

Die polisie het op 18 Mei vyf mans en vyf vroue in hegtenis geneem.

Hulle verskyn na verwagting op Dinsdag 20 Mei in die Phuthaditjhaba-landdroshof op ’n aanklag van moord.

error: Inhoud is beskerm !!