Tien leeus wat van ‘n teelplaas in Gauteng uit haglike omstandighede gered is, het ‘n nuwe tuiste by die Lionsrock Big Cat Sanctuary buite Bethlehem in die Vrystaat gekry.

Netwerk24 berig voorts die dierewelsynsorganisasie, Four Paws, het die leeus Woensdag hier vrygelaat.

Fiona Miles, direkteur van Four Paws, het gesê hulle kan nie wag om te sien hoe die leeus in hul nuwe tuiste floreer nie, nadat hulle vir so lank in haglike omstandighede aangehou is.

Lionsrock bied vir dié grootkatte ‘n natuurlike nuwe tuiste tussen 76 ander leeus, 23 tiere en 3 luiperds.

Die diere kom van oor die wêreld heen en is uit private aanhouding, sirkusse en dieretuine gered.

Daar was altesame 15 leeus op die teelplaas wat deur die owerhede gekonfiskeer is, omdat die plaas nie sy lisensievoorwaardes nagekom het nie.

Die ander vyf leeus is na ‘n ander veilige heenkome geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×