Minister Blade Nzimande, het gesê ‘n verslag van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het aan die lig gebring dat tien persent van verkragtingsake wat in Suid-Afrika aangemeld word, van hoëronderwysinstellings kom. Rosestad-nuus het vroeër oor ‘n aantal vermeende afsonderlike verkragtings by hoëronderwysinstellings in die Mangaung-metro berig. Nzimande se departement is sedert 2022 aan die werk om die veiligheid van studente en personeel te bevorder. Bewusmakingsveldtogte is van stapel gestuur om die belangrikheid van beleide wat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, of GBVF, aanspreek, te verskerp. Ná die vrystelling van ‘n beleidsraamwerk het ‘n ministeriële taakspan egter bevind dat nie alle instellings oor voldoende middele beskik om GBVF-sake te kan hanteer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×