Tien verdagtes wie daarvan verdink word dat hulle by ‘n maandelange gewapende rooftog-skrikbewind in die Vrystaat betrokke was, is in hegtenis geneem. In Bloemfontein kan die verdagtes onder meer glo verbind word met ‘n onlangse rooftog in die Mimosa-inkopiesentrum, die moord op ‘n taverne-eienaar buite die stad, en ‘n dubbele moord in Central Park. Die moord op ‘n 22-jarige polisieman van Wepener is na bewering ook deur hulle gepleeg. Die Volksblad berig voorts dat sake waarmee hulle vermoedelik verbind kan word, die volgende insluit: Drie sake in Wepener; een elk in Zastron, Heidedal en Hoopstad; vier by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein en drie by die Bloemspruit-polisiekantoor. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×