Die Departement van Water en Sanitasie sê dat hulle Vrydag nog sluise by die Vaaldam sal oopmaak weens voortdurende swaar reën in die boonste opvanggebiede.

Volgens die departement het die dam se watervlakke oornag vinnig gestyg, met die stoorkapasiteit wat meer as 118 persent bereik het.

Die dam se sewende en agtste sluise is Vrydagoggend oopgemaak, terwyl die negende en tiende sluise na beraming Vrydagmiddag oopgemaak sal word.

Intussen word wateruitvloei by die Bloemhofdam verhoog, en die Gariep- en die Vandekloofdamme loop steeds oor.

Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle het ook vanoggend ‘n tweede sluis by die Grootdraaidam oopgemaak.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!