Tien verdagtes vasgetrek oor die onwettige verkope van krag

Nog tien verdagtes wat deel is van sindikate wat landwyd in groepe werk, is in die Vrystaat in hegtenis geneem omdat hulle onwettige voorafbetaalde krag verkoop het. Die verdagtes is gister op Senekal en Bethlehem vasgestrek.‘n ondersoek deur die Valke en amptenare van Eskom is verlede jaar van stapel gestuur om die onwettige verkoop van voorafbetaalde krag hok te slaan. Daar word berig dat hulle daagliks tussen 150 en 250-duisend rand uit die onwettige kragverkope gemaak het. Die verdagtes sal more in die hof op Fochville verskyn.

Luister na potgooie hieronder