Die verhoor van die tienerseun van Zastron in die Vrystaat, wat na bewering verlede week een van sy klasmaats met ‘n mes doodgesteek het, is tot Woensdag uitgestel. Sersant Peter Kareli, polisiewoordvoerder het volgens Die Volksblad gesê die verhoor is Vrydag uitgestel om vir die maatskaplike werker se assesseringsverslag te wag. Rosestad-nuus het vroeër berig die graad 6-leerling van die Zama Primary school op Zastron is in hegtenis geneem kort nadat hy glo ‘n klasmaat met ‘n mes in die bors gesteek het. Die slagoffer is op pad na die hospitaal toe in ‘n onderwyser se motor oorlede. Die verdagte word in die One Stop Child Justice-sentrum in Bloemfontein aangehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×