‘n Man van 33 is dood nadat hy na bewering oornag in ‘n Shoprite-koelkamer toegesluit is vir die steel van sjokolade. Aanvanklik is gedink dit is ‘n tiener wat oorlede is.
Die voorval het woede ontlok, met die gemeenskap van Ratanda in Heidelberg wat dreig om die winkel af te brand. News24 het vroeër berig die oorledene is ‘n tiener, gebasseer op inligting wat deur die gemeenskap deurgegee is.
News24 berig ‘n raadslid in Heidelberg, Mari Boshoff, erken die gemeenskap se woede, terwyl die polisie op die toneel die man se dood bevestig het.
Die owerhede probeer om die toestand buite die supermark te beheer.