‘n 18-jarige seun is in Frankryk vasgetrek weens die vermoede dat hy besig is om vir terreur aanvalle tydens die opkomende Parys Olimpiese spele voor te berei.

AFP berig dat die verdagte – ‘n vermeende neo-Nazi – die administrateur is van ‘n groep op Telegram genaamd “Franse Ariese Afdeling”.

Hier het hy dreigemente gemaak teen die Parys Olimpiese Spele, wat volgende week begin. Die Franse veiligheidsdienste is op hoë gereedheid aangesien sowat 10 miljoen besoekers tydens die spele in Parys verwag word. Vroeër vanjaar is nog ‘n tiener, wat daarvan verdink word dat hy ‘n aanval op ‘n Olimpiese sokkerwestryd beplan het, in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×