Tientalle mense het oorleef nadat ‘n passasiersvliegtuig met 69 mense aan boord in Kazakstan neergestort het. Die ongeluk het 38 lewens geëis.

Volgens BBC het die vliegtuig van Azerbaijan Airlines aan die brand geslaan toe dit probeer het om ‘n noodlanding te maak. Die vliegtuig was onderweg na Rusland, maar is weens mis herlei. Onbevestigde berigte van Russiese media sê die vliegtuig het moontlik met ‘n swerm voëls gebots voordat dit neergestort het.

Volgens RBC-Ukraine doen aanlynverslae die rondte dat die passasiersvliegtuig afgeskiet is.

Azerbaijan Airlines het gesê vlugte tussen Baku en Russiese stede soos Grozny sal gekanselleer word terwyl ‘n ondersoek na die voorval afgehandel word. Beide Azerbeidjan en Kazakstan het ondersoeke na die voorval van stapel gestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×