Slegs 12 van die 78 onwettige myners wat in Januarie uit ‘n verlate skag in Stilfontein gehaal is, is tot dusver deur hulle naasbestaandes geïdentifiseer.

Dit is luidens die Departement van Gesondheid in Noordwes.

Volgens SABC-nuus sê die departement hy het DNS-monsters en foto’s geneem om families met die uitkenningsproses te help. ‘n Woordvoerder sê volgens wetgewing kan die regering oorskot begrawe indien dit vir meer as 30 dae in lykshuise gehou word.

Hy sê in die lig van die sensitiwiteit van die saak het die regering egter toestemming gegee dat die liggame langer gehou word sodat die oorledenes se naasbestaandes hulle kan uitken.

Volgens die departement sal hulle aanstaande maand begin om die oorskot te begrawe.

error: Inhoud is beskerm !!