Tientalle van Magashule se ondersteuners is in Bloemfontein buite die hoogeregshof byeen

Tientalle van Magashule se ondersteuners is in Bloemfontein buite die hoogeregshof byeen, en sê daar is geen regsgronde vir die saak teen hom nie.

Onder die groep ondersteuners is ook voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, die voormalige minister, Malusi Gigaba en die woordvoerder van die MKMVA, Karl Niehaus.

Die situasie buite die hof is gespanne nadat van Magashule se ondersteuners ANC hemde met ‘n uitbeelding van president Cyril Ramaphosa se gesig op, aan die brand gesteek het.

Hulle is van mening Magashule behoort die president van die ANC te wees.

Die Mangaung-metro sê hulle sal met die polisie saamwerk om toe te sien dat ontwrigtings beperk word.

Luister na potgooie hieronder