Twee mense van belang is geïdentifiseer in verband met die onwettige besit van ‘n tierwelpie by ‘n eiendom in Northern Park, Chase Valley, in Pietermaritzburg.

TimesLIVE berig Musa Mntambo, van Ezemvelo KwaZulu-Natal Wildlife, het gesê personeel is vroër in September in kennis gestel van berigte van die dier in die woongebied. Die organisasie het saam met die polisie en die Dierebeskermingsvereniging die eiendom besoek, en ‘n tiermannetjie van tussen vier en ses maande oud gevind.

Mntambo sê nadat die vereiste permitte verkry is, is die tier na die Pretoria-dieretuin vervoer waar hy versorg is, en oor die lang termyn aangehou sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×