Tifoon Haishen tref Japan en Suid-Korea

Die eerste minister van Japan, Shinzo Abe, het mense op die suidelike eilande gewaarsku om uiters versigtig te wees terwyl die tifoon Haishen
verwoesting saai.

Die storm wat die streek met sterk wind en swaar reën teister, het kragonderbrekings by tien-duisende huise veroorsaak.

Sowat agt-miljoen mense is gevra om hulle huise te ontruim.

Haishen sal na verwagting vandag na Suid-Korea beweeg, wat ook op gereedheidsgrondslag geplaas is.

Luister na potgooie hieronder