Tiger Brands herroep 20 miljoen blikkies kos van die Koo en Hugo-handelsmerke

Die kosvervaardiger Tiger Brands het aangekondig dat 20 miljoen blikkies kos van die Koo en Hugo-handelsmerke herroep word.

Luidens berigte word die blikkies kos herroep weens ‘n klein aantal foutiewe blikkies van een van Tiger Brands se verskaffers wat tot lekkasies gelei het.

Tiger Brands sê egter dat meeste lekkasies aangemeld is voordat die finale etikette aangebring is.

Volgens die kosvervaardiger is die herroeping van toepassing op blikkies kos wat tussen 1 Mei 2019 en 5 Mei 2021 vervaardig is – insluitend geblikte bone, mielies en gemengde groente.

Tiger Brands sê die finansiële impak van die herroeping word op tussen R500 en R650 miljoen geraam.

Luister na potgooie hieronder