Justin Timberlake se prokureur sê die popster was nie onder die invloed toe hy in Long Island in die Amerikaanse deelstaat New York in hegtenis geneem is nie. Die 43-jarige sanger het na bewering ‘n stopteken verontagsaam en het glo ook nie in sy baan gehou nie.
Timberlake was nie self in die hof nie, aangesien die datum van eerste verskyning gebots het met Vrydag se afskop van sy Everything I Thought It Was-wêreldtoer. Sy prokurerur het gevra die saak moet teruggetrek word, weens ongerymdhede met die staat se dokumentasie. Die hof het egter gelas die papierwerk moet reggestel word. Die saak duur voort, met Timberlake se komende verskyning wat virtueel sal wees.