Timothy Omotoso se aansoek vir verlof tot appél oor borgtog van die handgewys

 Timothy Omotoso se aansoek vir verlof tot appél oor borgtog van die handgewys

Die Appèlhof in Bloemfontein het die Nigeriese pastoor en vermeende verkragter, Timothy Omotoso, se aansoek vir verlof tot appél oor borgtog van die handgewys.

Omotoso se appèl volg die beslissing van die Hooggeregshof dat hy nie borgtog toegestaan word nie.

Die Appèlhof sê in sy beslissing dat daar geen noodsaaklike rede is waarom ‘n appelaansoek aangehoor moet word nie.

Omotoso word in die Hooggeregshof in die Oos-Kaap saam met twee medebeskuldigdes verhoor.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat insluit verkragting, mensehandel en rampokkery.

LeandreAdmin@