Tito Mboweni verwerp bewerings van DA

Tito Mboweni, die Minister van Finansies, het bewerings deur die DA dat die regering die spertyd misgeloop het om 500-miljard rand aan die Wêreldgesondheidsorganisasie te betaal vir sy COVAX-skema vir die verspreiding van COVID-19-entstowwe verwerp.

Volgens Mboweni is die sperdatum eers op 15 Desember. Mboweni sê verder die regering se Solidariteits-fonds is gereed om die geld te betaal.

President Cyril Ramaphosa het gister bekendgemaak dat Suid-Afrika amptelik by COVAX aangesluit het.

Die regering het hom verbind tot ‘n voorlopig betaling van R327-miljoen vir die enstof sodra dit beskikbaar is.

Luidens verdere berigte sal die eerste besending van die entstof na verwagting in die tweede kwartaal van aanstaande jaar beskikbaar wees. Die plan is om tydens die aanvangs-fase minstens tien persent van die bevolking in te ent.

Luister na potgooie hieronder