TLU SA loods ‘n veldtog vir die herstel van waterbronne

Die landbou-unie, TLU SA, het met ‘n veldtog begin waarin hy die departement van Water en Sanitasie, asook die regering vra om die land se waterbronne, selfs deur die aanstelling van private instellings, te herstel.

In ‘n verklaring deur TLU SA, dui die 2019 Water- en Sanitasie Meesterplan aan dat 56% van die 1 150 munisipale rioolaanlegte, en 44% van die 962 watersuiweringsaanlegte in ‘n swak toestand was.

11% was heeltemal buite werking.

Volgens die voorsittervan die landbou-unie se Omgewingsbewaringskomitee, Steven Vermaak, is die redes hiervoor munisipale korrupsie, wanbestuur en onkundige personeel.

Luister na potgooie hieronder