Toediening van Johnson & Johnson entstof teen Woensdag hervat

1326 nuwe gevalle van die coronavirus is in die jongste verslagperiode aangemeld en 48 sterftes is bevestig. Die algehele dodetal is nou 53 711. Die herstelkoers is steeds 95 persent. Daar is tans 22 512 aktiewe gevalle van die virus in die land. Intusssen berig Netwerk24 dat die regering besluit het om voort te gaan met die inentings-veldtog met die Johnson & Johnson entstof nadat die inentings Woensdag as voorsorgmaatreël opgehef is.  Die toediening is tydelik gestaak omdat ses Amerikaanse vroue bloedklonte en lae bloedplaatjie-vlakke ontwikkel het nadat hulle die entstof ontvang het.  Volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (Die SAMNR)het slegs 2,2% van die driehonderd-duisend gesondheidswerkers wat al ingeënt is newe-effekte getoon.  Volgens die SAMNR is die Johnson & Johnson entstof steeds die beste opsie vir die Suid-Afrikaanse variant van die virus.  Die regering sal Woensdag die inentings hervat.

Luister na potgooie hieronder