Hoewel huisbraak met toegang deur die dak niks nuut is nie, word daar gewaarsku dat hierdie toegangsmetode nou weer baie gewild onder misdadigers geword het. Die Fidelity Services Group sê daar is tans ‘n vlaag rooftogte waar daar deur die dak ingebreek word.
Charnel Hattingh, ADT-Groepshoof van Kommunikasie, sê in baie gevalle, is die alarmpaneel of antenna in die dakruimte geïnstalleer. Misdadigers breek die paneel of antenna, wat dan verhoed dat alarmseine die beheerkamer van die sekuriteitsmaatskappy bereik.