Toelatings tot hoëronderwysinstellings sal nog vandeesweek verwerk word

Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, het gesê toelatings tot hoëronderwysinstellings sal nog vandeesweek verwerk word.

Nzimande het ook opdrag gegee aan Unisa om die getal nuwe studente vir die nuwe akademiese jaar met 20 000 te verminder.

Die EFF se studentebevelsraad het hierop geantwoord en gesê dat hy hom tot die hof gaan wend.

Die woordvoerder van Hoër Onderwys, Ishmael Mnisi, het gesê die minister het dit benadruk dat besluite wat verband hou met die toelating egter by die onderskeie universiteite en kolleges lê.

Luister na potgooie hieronder