Statistieke Suid-Afrika het gesê dat die formele arbeidsektor, landbou uitgesluit, in die tweede kwartaal van die jaar ten minste 39-duisend nuwe poste bygevoeg het, wat weer die 10 miljoen-kerf oorskry het. Die aantal werksgeleenthede wat op ‘n jaar-tot-jaar-grondslag geskep is, was byna drie keer die kwartaallikse syfer. Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van sy kwartaallikse indiensnemingsopname bekend gemaak. Die jongste syfers kom op die rug van ‘n baie swakker prestasie in die vorige kwartaal, waar nywerhede duisende werkgeleenthede afgelê het. Die jongste toename in formele poste wat tussen Maart en Junie gesien is, is in ooreenstemming met voorspellings deur sommige ekonome en arbeidsontleders.
