Die parlementêre komitee oor toerisme het ‘n beroep op die departement van toerisme gedoen om ‘n promosievideo te laat vaar wat R33 miljoen kos.
Die video is net vyf minute lank waarin die komediant en aanbieder, Trevor Noah verskyn. Die video het uit verskeie oorde hewige kritiek ontlok maar die minister van toerisme, Patricia de Lille, het die projek verdedig en gesê die Toerisme-sakeraad van SA sal dit finansier.
Maroela Media berig Tandi Mahambehlala, voorsitter van die komitee, het die video vergelyk met die onlangse omstrede Tottenham Hotspur- bemarkingstrategie. Sy het SA Toerisme gewaarsku dat die Toerisme-sakeraad se bemarkingsheffings nie as ‘n slypfonds gebruik moet word om finansiële boosheid te pleeg nie.
Die komitee het ook verneem dat geen gesprekke met die Springbok- kaptein, Siya Kolisi gevoer word om toerisme op internasionale platforms te
bevorder nie. Kolisi is tans die handelsmerk-ambassadeur vir SA Toerisme.