Toerisme in Suid-Afrika is besig om weer te styg alhoewel minder mense die land
besoek as voor die Covid-19-pandemie. Syfers van Statistieke Suid-Afrika wat gister
uitgereik is, toon dat sowat 8,5 miljoen toeriste die land verlede jaar besoek het. Dit is ‘n
toename van 49% vergeleke met 2022.
Netwerk 24 berig aankomste is egter 17% minder
as die pre-pandemie-tydperk. Meer as 10-miljoen toeriste het die land in 2019 besoek.
Altesame 74% van die toeriste wat in 2023 in die land aangekom het, was inwoners van
die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, of SAOG, en 1,6% was van ander Afrika
lande. Die meeste toeriste van oorsese lande wat die land verlede jaar besoek het, was
van Brittanje, Amerika en Duitsland.
Wat toeriste uit die SAOG-lande betref, was 2,1
miljoen van Zimbabwe afkomstig wat 33% verteenwoordig, Mosambiek met 1,3 miljoen
besoekers, of 21% en Lesotho met 1,1 miljoen besoekers, wat 18% verteenwoordig.