Toerisme Suid-Afrika sê hulle is op koers om sy bestuursprobleme op te los.

Die agentskap het die aanstelling van Darryl Erasmus as hul nuwe bedryfshoof aangekondig nadat die direksie het sy aanstelling verlede maand goedgekeur het.

Hy vervang Nomsasonto Ndlovu, wat tereg staan op bewerings dat hy omkoopgeld van Qatar Airways in Desember 2022 aanvaar het.

Erasmus word nou getaak om Suid-Afrika as ‘n mededingende toerismebestemming te verbeter.

Die Gefedereerde Gasvryheidsvereniging van Suid-Afrika sê op sosiale media met Erasmus se merkwaardige rekord in die gasvryheidsbedryf, en sy uitgebreide ondervinding in gehalteversekering en strategiese bedrywighede, is hul vol vertroue dat hy ‘n uitstaande bydrae tot die toerismesektor sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×