’n Toerisme-uitreikprogram is tans aan die gang in Kroonstad in die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit.

Die program wil verantwoordelike en inklusiewe toerisme bevorder deur ’n platform te skep vir rolspelers om saam te werk, idees te deel en nuwe produkte te wys wat volhoubaarheid ondersteun.

Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme sê in hul Facebook plasing dat hulle die sessie aanbied saam met die Nasionale Departement van Toerisme en in samewerking met die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit.

Dié inisiatief wil werklike ondersteuning bied aan kleinsakeondernemings in die toerismesektor in die Vrystaat, met die fokus op ontwikkeling en samewerking.

error: Inhoud is beskerm !!