Toerismesektor bekommerd oor die beplande skrapping van die Oktober skoolvakansie

Die toerismesektor het sy kommer uitgespreek dat diè sektor groot verliese sal ly sou die departement van Basiese Onderwys voortgaan met die beplande skrapping van die Oktober-vakansie om tyd in te haal wat skole weens die Covid-19-inperkings verloor het. Die bedryf is bekommerd oor die stap omdat gesinne vakansiebestemmings gedurende hierdie tyd besoek. Die Krugerwildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, sê in die afwesigheid van ‘n groot aantal buitelandse toeriste weens talle Covid-19-reisbeperkings, sal die skrapping van die vakansie die wildtuin uiters negatief raak. 

Luister na potgooie hieronder