Toe die algemene bestuurder van Rosestad 100.6 FM en ook aankondiger by Saterdag-middag se Curriebeker-eindstryd, Bernie Naude, die skare vra om hul selfoonliggies kort voor die eindfluitjie aan te skakel, het Ross van Reenen, uitvoerende hoof van die Cheetahs, trane in sy oë gekry. Van Reenen, wat ook in 1976 in die eerste Vrystaat-span was om ‘n Curriebeker te wen, het aan Netwerk 24 gesê daar het donker wolke oor die toekoms van die span gehang toe hy in 2021 oorgeneem het. Van Reenen het gesê Saterdag se oorwinning is 18 maande se harde werk nadat die span verlede jaar in die laaste paar minute tydens die halfeind-wedstryd teen die Pumas verloor het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×