Die Vrystaat is midde sy jaarlikse “brandseisoen”.
Droeë winter-grasveld en tipiese Augustuswind-toestande skep ‘n teelaarde vir die ontstaan en vinnige verspreiding van veldbrande.
Die Mangaungse brandbeskermingsassosiasie, of Mafpa, reik gedurende hierdie tyd gereeld waarskuwings uit vir die verhoogde kans op wegholveldbrande.
Johan Breytenbach, aan die stuur van sake by Mafpa, het aan Rosestad-nuus gesê daar heers ‘n algehele wanopvatting dat meeste van die brande kwaadwillig gestig word.
Breytenbach sê nalatigheid is sonder enige twyfel die hoofoorsaak van meeste van die brande in die omgewing.